Duitsland kry eerste digitale outo-trein

Deutsche Bahn en Siemens het gesamentlik gesorg dat die land se eerste digitale outomatiese trein op die spoor kon kry wat ook bestempel is as die “bloudruk” vir digitalisering wat nie net in Duitsland nie, maar ook in Europa en selfs in die wêreld kan wees.

Volgens die woordvoerders is die nuwe ontwikkeling van die digitale stelsel daargestel om die diens meer betroubaar en veel doeltreffender te maak as wat tot nou moontlik was.

 Die Duitse spoor maatskappy, Deutsche Bahn, en die hoë-tegnologie vennoot Siemens se ontwikkelde volle outomatiese “Digitale S-Bahj Hamburg” trein het Maandag sy opwagting op die spoorlyn gemaak.

Die Duitsers spog met hulle “Intelligente Vervoer Stelsel wat op die Wereld Kongres vertoon sal word as mobiele oplossing van betroubaarheid vir die toekoms.

Die nuwe stelsel sal glo met tyd verder toegerus word om teen 2030 ʼn nuwe era in treinvervoer in te lei in die hele Europa.