Duitse politici in gesprek vir koalisie

Dit is die eerste keer dat die drie politieke partye saam aan ʼn gesprek deelneem met die doel om ʼn koalisie regering saam te stel.

Die party wat die grootste steun gekry het in die afgelope verkiesing in Duitsland, is die sosialisties gesinde Sosiaal Demokratiese Party, wat met ʼn geringe voorsprong teen die konserwatiewes gewen het.

Die Sosialiste het egter die hoop om wel ʼn ooreenkoms te bereik met die Groen Party en die Vrye Demokrate, maar daar is nog belangrike struikelblokke wat oorkom moet word voordat die SDP die wedren kan wen teen die konserwatiewe Christen Demokrate Unie.

Die moontlikheid is egter groot dat die sosialiste se gematigde-linkse SDP en die omgewing gerigte Groenes saam met die kleiner Vrye Demokrate Party ʼn regering kan saamstel as wat die konserwatiewe CDU sal kan bereik.

Tot hede is geen inligting vrygestel van die vordering en haakplekke wat ondervind word nie, en die verwagting is dat die Groenes en die Vrye Demokrate eise sal stel wat die SDP in ʼn moeilike posisie plaas.