Duitse konserwatiewes dalk regeerders

Die konserwatiewe Christen Demokrate Unie (CDU) se leier, Armin Laschet, sê die party se politieke verskille met die Groen Party van Duitsland is nie “onoorkomelik nie”, maar die Groenes is minder optimisties oor die beleid verskille.

Die swaai van stemme na die gematigde sosialiste het die politieke toekoms in Duitsland onseker gemaak, en die verkiesing se uitslag wat byna gelykop tussen die konserwatiewe CDU en die sosialiste is, het die onsekerheid laat verdiep.

Die CDU leier het optimisties geklink na sy gesprek met die leier van die linkse Groen Party, wat volgens politieke ontleders eerder met die gematigde sosialiste van die Sosiale Demokrate Party (SDP) geassosieer wil wees

Laschet het erken dat daar duidelike verskille bestaan tussen die twee partye, maar dat die verskille oorbrug kan word.

 Beide partye het onderneem om die gesprekke vertroulik te hou, en die hervatting daarvan word in die vooruitsig gestel, alhoewel die SDP ook sal toesien dat sy onderhandelings om die Groenes te akkommodeer, aanloklk sal wees aangesien die beleid verskille minder ernstig is.