Die vorige minister het gelieg

Die nuwe Minister van Gesondheid, Joe Phaahla, het die nedia ingelig oor die Spesiale Ondersoek Eenheid se verslag rakende Digital Vibes se gekonkel en die voormalige Minister van Gesondheid se aandeel in die bedrog.

Digital Vibes het klaarblyklik miljoene Rand se bedrog gepleeg en die voormalige minister het direkte voordeel getrek uit die bedrog wat gepleeg is.

President Cyril Ramaphosa het die verslag openbaar gemaak nadat dit aanvanklik deur die Spesiale Ondersoek Eenheid (SOE) aan hom beskikbaar gestel is.

Volgens die verslag word aangedui dat die vorige Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize asook die voormalige Direkteur-Generaal, Anban Pilay, en Sandile Buthelezi, saam met no gander persone van die Departement, betrokke was by die bedrog waarby sowat R150 miljoen ter sprake is.

Die voormalige minister het herhaaldelik gesê da thy nie betrokke is by die bedrog nie, maar later het hy bedank toe dit duidelik geword het dat die SOE nie sy ontkenning aanvaar nie.

Die Departement van Gesondheid het sowat R150 miljoen spandeer met die tender wat aan Digital Vibes toegeken is, en waarby die voormalige minster betrokke was.

Intussen het verskeie opposisiepartye gevra wanneer word die oud minister gevonnis vir sy aandeel in die bedrogsaak.