Cyril ontken misbruik van inenting

President Cyril Ramaphosa het beskuldigings verwerp dat die ANC besig is om die inenting veldtog te misbruik vir die munisipale verkiesing.

Bewerings en beskuldigings word gemaak dat die regerende ANC die inenting veldtog gebruik as drywer om hulle belange te bevorder.

Met die munisipale verkiesings wat oor ʼn maand gehou word, het Ramaphosa gesê die besluite om die koronavirus grendel maatreëls van Vlak 2 na Vlak 1 te neem, het gekom op aanbeveling van wetenskaplikes en nie van politieke persone of instansies nie.

Die regering se pogings om mense te oorreed om hulle te laat ent, het nog nie veel verander sedert die “Wuma-veldtog” begin is nie.

Alhoewel die inenting ietwat verbeter het in die afgelope maand, is meningsvormers van oordeel dat die gestelde mikpunt om 70% van die volwassenes te immuniseer teen einde Desember, nie bereik sal word nie.