Covid: SA kyk na bykomende inenting

Die Advies Komitee wat handel met die Covid-19 inentings het die regering geadviseer om ʼn bykomende dosis entstof teen die koronavirus toe te dien om die pandemie te bestry.

Dit is glo belangrik om pasiënte met bepaalde siekte toestande verder te versterk deur hulle ʼn bykomende dosis toe te dien. Persone wat Pfizer se twee inentings gehad het sal dus ʼn derde inenting kan kry en diegene wat J&J gehad het, sal ʼn tweede inspuiting kan kry.

Selfs persone wat murg oorplantings gehad het, en diabete kan kwalifiseer vir ʼn bykomende inenting.

Intussen is verneem dat die regering nou ook die inenting van minderjariges bo die ouderdom van 12 jaar doen, en sal glo skole besoek om die inenting veldtog te bevorder.

Die bykomende inenting word ook belangrik wanneer mense se tyd na ingespuit is, reeds meer as agt maande gelede is, want dan het die immuniteit vervaag, word gesê.