Cosatu roep massa staking uit

Die vakbond Cosatu het ʼn oproep gedoen dat miljoene werkers in die land hierdie Donderdag tuis moet bly uit protes teen die regering se bevriesing van lone.

Die vakbond vind dit onaanvaarbaar dat lone in die staatsdiens en in die private sektor gevries is, en doen daarom ʼn beroep op die werkers om tuis te bly.

Cosatu het klaarblyklik Donderdag gekies as die dag vir staking wat dan saamval met die Wêreld Dag van Goeie Werk wat glo wêreldwyd gehou word.

Die vakbond beweer dat die verskillende verset aksies regoor die land sal plaasvind om hulle ontevredenheid met die toestand te toon.

Hulle glo dat hulle met die staking ook steun gee aan die werklose mense wat steeds in getalle aan die toeneem is.

Die vakbond se Algemene Sekretaris, Bheki Ntshalintshali sê vandag, Donderdag, se staking word volgens wet beskerm en dit fokus op die regstel van die ekonomie wat tans in chaos is.