Cele belofte waai in die wind

Die ANC se Minister van Polisie, Bheki Cele, sê hy het volle vertroue dat die polisie uiteindelik na die kern van mislukte opstand in Natal en Sentraal Transvaal (Gauteng) sal deurdring.

Cele het onderneem dat die polisie nie die Julie opstand gaan vergeet en niks verder doen om die kern van die probleem op te spoor wat tot die R50 miljard skade aanleiding gegee het nie.

Cele beweer ook dat die polisie al nader kom aan die oplossing en het aan die media gesê die skuldiges wat agter alles sit, sal vasgetrek word.

Vroeër is gesê die aanhitsers bestaan uit ʼn groep van sowat 12 senior ANC lede wat skakeling het met Jacob Zuma en Ace Magashule, en dat van die aanhitsers reeds gearresteer is.

Misdaad kenners sê die minister se beloftes en uitsprake is ongeloofwaardig aangesien die wat reeds gearresteer is, sekerlik al belangrike inligting sou kon verskaf wat die ander aanhitsers se arrestasie moontlik sou maak.