Caledon se Veldblomme tuin

Wat eens ‘n pragtige veldblom tuin was om te besoek is tans besig om in verval te raak soos die res van ons land. Tydens ‘n besoek die afgelope week was ons bevoorreg om die tuin te besoek.  Die blomme, plantegroei en voël lewe is iets om oor gaande te raak.  Ongelukkig word daar tans geen onderhoud en instandhouding gedoen nie en die wandelpaaitjies is besig om toe te groei en te verspoel.  Vir enige enkel persoon of selfs twee persone is die tuin nie meer ‘n veilige gebied nie. Volgens inwoners besoek hul nie meer die tuin nie agv. van die verval en selfs bos slapers   Die eertydse winkel is totaal in verval en die restaurant is nie meer in gebruik nie.

Die unieke flora van die gebied en die kabbelende water stroompies maak van die tuin ‘n ideale plek vir enige blom entoesias en  gesinne die plek om op ‘n Saterdag te besoek.

Ironies dat daar tydens ons besoek drie werkers van die Theewaterskloof munisipaliteit op die perseel was by die vervalle winkel.  Na ons wandeling van bykans twee uur was dieselfde werkers nog steeds in “rustende” toestand. 

Die stadsraad is besig om ‘n tuin wat ‘n toeriste aantreklikheid is en besoekers van wyd en syd kan lok,  deur die vingers te laat glip. Hierdie tuin kan met die nodige bestuur ‘n  inkomste genereer vir die raad.

Ddr Sakkie van der Merwe