Britte wantrou SA virus status

Die Verenigde Koninkryk het weereens Suid-Afrika se versoek om verwyder te word van die Britse Rooilys, van die hand gewys.

Suid-Afrika se toerismebedryf gaan gebuk onder die verbod van Engeland se inwoners om na Suid-Afrika te reis vir vakansie doeleindes.

Die reis verbod na en van Suid-Afrika vanaf die Verenigde Koningryk bly van krag nadat die Britse owerheid weer die moontlikhede heroorweeg het nadat die ANC regering in gesprek getree het met die Britse regering.

Tans is dit hoofsaaklik Europese lande wat nie ʼn deur Brittanje se reisverbod (rooi lys) geraak word nie, en die jongste bevinding van die Verenigde Koninkryk word beskou as ʼn baie ernstige terugslag vir die Suid-Afrikaanse toeristebedryf wat afhanklik is van die Britse toeriste.

Brittanje het die VSA en Maleisië intussen verwyder van hulle rooi lys, maar reisigers uit die lande moet steeds ʼn sertifikaat toon dat hulle volledige inenting gekry het.

Met die bevinding dat die entstowwe teen die koronavirus slegs vir ses tot agt maande immuniteit bied, bestaan daar kommer dat die Britte se maatreëls nie van veel waarde is nie.