Britte steun SA lae koolstof projekte

Die Verenigde Koninkryk (VK) se afdeling Klimaat Finansiering Agentskap sê hy sal ondersteuning gee aan 13 verskillende lae-koolstof projekte in Suid-Afrika.

Die steun sal help dat toegang tot finansiële bystand deur beleggers moontlik word en kan uiteindelik ʼn groot bydrae wees tot alternatiewe produkte.

Die Agentskap word befonds deur die VK regering se Departement van Besigheid en Energie in Industriële Strategie.

Die hulp beteken ondermeer om betrokkenes en belangstellendes bymekaar te bring wat kan lei tot die ontwikkeling en finansiering van klimaat projekte op ʼn skaal wat tot almal se voordeel sal strek.

Verskillende sektore word oorweeg, ingeslote die bestuur van afvalstowwe, energie en Vervoer moontlikhede. Van die moontlikhede is volhoubare mobiele alternatiewe vir die stede om daarmee die huidige verkeer situasie te verbeter, terwyl stimulering van hernubare energie ook deel sal vorm.

Die Agentskap glo dat elke maatskappy wat gemoeid is in energie sake, uiteindelik gefokus sal wees om lae-koolstof projekte ten einde die probleme met klimaat veranderings die hoof te bied.