Britte stel EU voor ultimatum

Die Verenigde Koninkryk (VK) het die Europese Unie tien dae tyd gegee om te reageer op die versoek en eis oor die algemene kontrolepunt in die See van Ierland.

Die Britte se Minister van Brexit het die EU verwittig om die terme van die handelsakkoord te herdink en te besin.

Minister David Frost blameer die Europese Unie daarvan dat hulle met “swaar hande” die krisis benader.

Die Britte het gedreig om eensydige aksie te neem ter uittarting van die EU in ʼn proses om ʼn stop te sit met die See van Ierland se algemene doeane grens.

Die optrede van die Verenigde Koninkryk kom na die herhaaldelike weiering van die EU om te heronderhandel as deel van die Brexit ooreenkoms met betrekking tot Noord-Ierland.

Die EU het in reaksie gesê hulle werk intensief om ʼn praktiese en werkbare oplossing te kry vir die probleme van die mense in die Noord-Ierland streek.