Britte lok SA bestuurders

Die Suid-Afrikaanse vragmotor bestuurders is skielik in aanvraag by die Verenigde Koninkryk wat tans met ʼn brandstof krisis te kampe het.

Met die Britte se uittrede uit die Europese Unie, het hy letterlik oornag ʼn vragmotor bestuurders tekort ondervind, wat ook veroorsaak het dat die land se vulstasies nie gereelde aflewering van brandstof kon kry nie.

Met Europese lande wat alles moontlik doen om vragmotorbestuurders te behou, het Suid-Afrika die logiese plek geword waar vandaan mense in die beroep gelok word.

Sable International is ʼn spesialis maatskappy wat Suid-Afrikaners kry om na Engeland te verhuis as hulle oor die vaardigheid beskik om die groot vragmotors te bestuur en die nodige dokumentasie het om dit te bewys.

Die maatskappy gaan nou so ver as om vragmotorbestuurders uit te nooi om aansoek te doen vir so ʼn pos in Engeland. Dit is nie bekend hoeveel poste beskikbaar is nie, maar daar is voldoende poste vir mense wat belangstel, is gesê.