Britte kan stroom na SA

Die moontlikheid bestaan dat duisende Britse toeriste na Suid-Afrika kan stroom sodra die reis verbod na en van Suid-Afrika opgehef is.

Nagenoeg 300,000 Britse paspoort houers mag dalk besluit om vriende en familie te kom besoek terwyl hulle met vakansie is in die volgende maande.

Die Verenigde Koninkryk het finaal besluit om die reis verbod op te hef teen Suid-Afrika, en die aankondiging daarvan sal die toerisme bedryf weer op dreef stel aangesien baie mense uit Engeland vir vakansie na Suid-Afrika kom.

Die Britte het verklaar dat die reis verbod na sowat 45 bestemmings opgehef word, en is van Maandag, 11 Oktober  geldig en in werking.

Ingeligte bronne in die toerisme bedryf sê daar is reeds waargeneem van talle navrae uit Engeland wat vir hulle vakansie na Suid-Afrika wil kom.

Die Verenigde Koninkryk is Suid-Afrika se grootste bron van buitelandse toeriste en met die lang tyd van die pandemie, het die rekord getalle besoekers ʼn sterk moontlikheid geword.