Britte in gesprek met Taliban

Diplomate van die Verenigde Koninkryk (VK) het ʼn ontmoeting gehad met die Taliban regering van Afghanistan te midde van die militante groep wat beskuldig word van die teregstellings wat in die land gehou is.

Martin Longden wat as die VK se spesiale gesant na Afghanistan is, het eerstens met die sogenaamde waarnemende Minister van Buitelandse Sake van Afghanistan, Amir Khan Muttaqi, samesprekings gevoer.

Die samesprekings tussen die twee diplomate het in die hoofstad Kaboel plaasgevind, en tydens die gesprek het Martin Longden en Simon Gass ook oor die humanitêre krisis in Afghanistan gesê dit behoort reggestel te word.

Die gesprek het verder gehandel oor die veiligheid krisis, terrorisme in Afghanistan, en die regte van vroue en kinders wat tans die hoofsaak is in die humanitêre krisis.

Longden het later bevestig dat soos verwag is, daar ernstige verskille na vore gekom het, en nie gou gaan verander nie, en die Taliban woordvoerder het verwys na die moontlikheid dat daar diplomatieke bande gevestig kan word in die toekoms.