Bosnië eis eie Serwiese weermag

Die ingewikkelde samestelling van mag in Bosnië word bevestig met die Serwiese lid van die presidensie, Milorad Dodik, wat nou uitgewys het dat daar planne is vir ʼn weermag wat bestaan uit Botniese Serwiërs.

Die Kroatiese lid van die presidensie, Zeljko Komsic, het egter skerp gereageer op die gedagte en gesê dit kom neer op “kriminele daad van ʼn rebellie”.

Die Bosniese Serwiërs is vasbeslote om ʼn eie weermag te vorm, en is bevestig deur die Serwiese lid van die Bosniese drie-deel presidensie.

Asof daar nie genoeg spanning heers tussen die groepe nie, kan nog groter spanning verwag word in die streek met die boikot van die Balkan lande deur die Serwiërs.

ʼn Woordvoerder het gesê die finale besluit kan binne enkele dae verwag word, maar kenners reken so ʼn stap sal die spanning tot breekpunt lei.

Die ingewikkelde drie-dele politiek in Bosnië, wat bestaan uit Ortodokse Serwiers, Katolieke Kroaties, en Bosniese Moslems, is so saamgestel om almal te akkomodeer, maar die Serwiërs het nou met hulle eis om ʼn eie weermag saam te stel, die spanning tot breekpunt geneem.