Binnelandse Sake se groot veranderings

Die Departement van Binnelandse Sake beplan groot veranderings waarvan verskeie as ʼn “eerste vir Suid-Afrika” sal wees.

Die belangrikste hiervan is die “selfhelp” stelsel wat beoog word met sogenaamde afhaal punte vir dit wat met aanlyn aanvraag gelewer sal word, maar die diens sal glo eers in 2024 beskikbaar wees.

Met die nader beweeg aan die publiek, word banke se takkantore gebruik as satelliet punte van die departement, en kan dienste met ID en paspoorte gelewer word.

Die Departement se internet sal ook by die meeste takke opgradeer word na hoëspoed toegang, met takkantore se minimum van 2MB hoëspoed bandwydte.

Volgens die vrygestelde gegewens reken die Departement sy stelsels sal so doeltreffend wees dat die minimum “van lyn af” tye ondervind sal word.

Benewens die satelliet kantore wat in banke sal wees, word mobiele eenhede beplan, en sowat 100 voertuie met talle geriewe geïnstalleer, sal gebruik word om afgeleë plekke te bedien.

Die departement wil glo ook kragopwekkers gebruik om kragonderbrekings te ondervang, en nuwe toerusting wat in samewerking met vervaardigers in gebruik geneem sal word, gaan bydrae tot beter dienste.

Die nuwe bykomstighede sal oor die volgende drie jaar beskikbaar gestel word met die vooruitsig om die departement meer doeltreffend te maak met dienslewering aan die land se inwoners.