Beurtkrag teister SA tot Donderdag

Eskom het aangekondig dat fase 2 beurtkrag weer ingestel word wat sal duur tot Donderdag 14 Oktober.

Daar is glo weer herstelwerk nodig aan verskeie kragstasies en onderhoud werk moet ook aandag kry terwyl sogenaamde bykomende risiko faktore in die opwekkers ook aandag sal kry.

ʼn Woordvoerder van die nasionale kragvoorsiener het bevestig dat fase 2 beurtkrag sal duur tot Donderdag, en die werkers sal aandag gee aan die verlies aan krag van sowat 15,000MW.

Die Kusile kragstasie wat kwalik drie jaar in bedryf is, het weer aandag nodig, en so ook die Komati en Hendrina kragstasies.