Al die veterane kry borg

Die 53 sogenaamde veterane wat betrokke was by die mislukte gyselaars poging om drie ministers aan te hou en geld te eis, is op borg vrygelaat.

Die oortreders is vrygelaat op borg van R500 elk omdat talle van hulle werkloos en sonder inkomste is.

Die twee kabinet ministers, en die een adjunkminister, is in ʼn hotel aangehou waar hulle plat op die vloer moes bly lê met gesigte na onder.

Die “veterane” het ondermeer geëis dat R4 miljoen aan elkeen van hulle uitbetaal word, maar voor iets daarvan kon gebeur is hulle deur die polisie vasgetrek.

Al 53 oortreders moet op 1 Februarie 2022 in die hof verskyn, en talle van die mense het vorige oortredings, wat die vermoede wek dat hulle by skuldig bevinding dalk ander strawwe gaan kry as hulle kamerade.

Van die oortredings waarvan sommiges beskuldig word, is moord, poging tot moord, roof, en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.