Aarto bestuur reëls in werking

Die Padverkeer Agentskap sê daar word vordering gemaak met die nasionale uitrol van die nuwe Administratiewe stelsel van die Pad Verkeer Operasie bekend as Aarto.

Fase 1 is glo goed ingestel, en sedert 1 Oktober is Fase 2 glo begin as deel van die nuwe stelsel wat op punte toekennings werk vir pad oortredings wat gemaak word.

Aarto stelsel sal die bestuurder penaliseer en vloot operateurs wat skuldig is aan oortreding van padverkeer reëls, kan lei tot die opskorting van ʼn bestuurslisensie. In sekere gevalle kan ʼn lisensie gekanselleer word.

Fase een is van Julie tot September vanjaar van krag en vanaf 1 Oktober is Fase 2 inwerking gestel, en sal van Oktober tot Desember van toepassing wees. Aarto sal dan in die tyd aanlyn dienste lewer in 67 gebiede soos stede en groter dorpe.