Zuma verhoor gaan voort

Jacob Zuma se verhoor oor beweerde korrupsie sal voortgaan in die Pietermaritzburg Hooggeregshof, terwyl hy as beskuldigde afwesig is.

Terwyl die beweerde misdadiger op mediese parool uit die tronk vrygelaat is, en daarmee sy 15 maande tronkstraf vryspring, is daar vrae wat nog onbeantwoord in die lug hang.

Politieke ontleders is onseker oor wat die situasie sal wees as hy skuldig bevind word in die korrupsie verhoor. Is tronkstraf die enigste straf, en sal parool ook daarvoor verleen kan word al sou die skuldige 10 jaar agter tralies moes deurbring.

Betroubare inligting is verkry dat Zuma nie teenwoordig sal wees nie, en waarskynlik net deur sy regsverteenwoordigers sal verskyn.

Zuma word daarvan beskuldig dat hy omkoopgeld van die Franse maatskappy Thales ontvang het wat strek oor 700 afsonderlike betalings ten bedrae van sowat R4 miljoen. Hy staar ook vervolging in die gesig wat ondermeer korrupsie insluit.