Zuma parool kan beëindig word

Die moontlikheid is nie uitgesluit dat die voormalige ANC president, Jacob Zuma, se parool teruggetrek gaan word nie.

Opposisiepartye is erg gebelgd oor die wyse waarop Zuma parool gekry het, terwyl die Paroolraad nie parool toegestaan het nie.

Die parool is toegestaan deur Arthur Fraser van Korrektiewe Dienste, en word beskou as direk in stryd met die hof se bevinding wat dan nou voor die regbank getoets gaan word.

Die opposisieparty het glo reeds hofstukke gereed gemaak en geliasseer om die parool wat op bedenklike wyse toegestaan is, om te keer sodat Zuma weer agter tralies kan beland.

Fraser het besluit om parool toe te staan, en het dit as enkel persoon gedoen terwyl die Paroolraad anders besluit het. Meningsvormers reken Fraser behoort ontslaan te word uit sy amp aangesien sy optrede as korrupsie beskou kan word.