Zuma maak volgende skuif

Die terugslae in talle hofsale van Suid-Afrika, het die voormalige ANC president, Jacob Zuma, laat besluit om na sy groot nederlaag in die Konstitusionele hof, hy hom nou gaan wend tot die Afrika Hof van Humanitêre en Menseregte.

Zuma se regsverteenwoordigers redeneer glo dat sy tronkstraf wat opgelê is sonder ʼn verhoor, ongrondwetlike en verkragting van sy menseregte is.

Hulle glo dat Zuma in die Afrika Hof, of selfs in die Internasionale Hof van Genève sy saak met sukses sal deurvoer.

 Die tientalle hofsake waarin Zuma vasgevang word, het die Suid-Afrikaanse regstelsel onder die vergrootglas van die wêreld gebring, en daar is bronne wat beweer dar Suid-Afrika nou op die pad van Robert Mugabe is.

Verskeie waarnemers reken egter die oud president doen al die dinge om die tronk se tralies te vermy, en hoop dat ʼn situasie sal ontstaan wat hom sal kwytskel weens sy gesondheid en sy ouderdom.