WVF het miljoene eise

Die sukkelende Werkloosheid Versekeringsfonds (WVF) sê sowat 1 miljoen uitstaande eise moet “reggestel” word voor die einde van 2021, anders gaan die eisers geld verloor.

Die eise bevat glo klein foute wat veroorsaak dat dit onmoontlik is vir die WVF om die eise te betaal en af te handel.

Van die foute wat glo bestaan sluit in dat name foutief is of ID nommers verkeerd aangedui word terwyl bankbesonderhede onvolledig is.

Groter foute sluit in dat werknemers nie die korrekte prosedures gevolg het met hulle aansoeke nie, terwyl sommige se eise datums so ver terug gaan as Maart 2020.

Die WFV sê dat daar ook eise bestaan wat nie kwalifiseer vir uitbetalings nie, terwyl verskeie reeds as bedrog eise geïdentifiseer is.