Wie betaal Zuma se hospitaal rekening

Die Departement van Korrektiewe Dienste het ʼn rekening van R398,271 uitgestuur vir die behandeling van Jacob Zuma in die privaat hospitaal.

Daar is nog steeds geen duidelikheid oor wie verantwoordelik is vir die voormalige ANC president se hospitaal rekeninge nie.

Korrektiewe Dienste se woordvoerder, ene Singabakho Nxumalo, het gesê die department is nog in besprekings vasgevang met betrekking tot die betaal van Zuma se rekening.

Singabakho Nxumalo het ook bevestig dat die rekening R398,271 is, en voeg by dat hulle nooit te kenne gegee het dat Korrektiewe Dienste die rekening sal betaal nie, veral met die presidensiële privilegies wat moontlik bestaan.

Na bewering het Zuma ʼn operasie ondergaan in die privaat hospitaal, en die departement het aangekondig dat meer prosedures nog uitgevoer gaan word.

Die berig dat Zuma nog in die privaat hospitaal is, het die vermoede bevestig dat die rekening die R400,000 merk sal oorskry.