Wes-Afrika skors gekaapte Guinee

Die Wes-Afrika Ekonomiese Blok (WAEB) het die buurland Guinee tydelik geskors na die militêre oorname en die verkose president, Alpha Conde in aanhouding geplaas is onder toesig van die spesiale eenheid.

Die WAEB is nie net ʼn ekonomiese en politieke unie nie, maar ook die vredemaker struktuur vir die Wes-Afrika lande.

Die opskorting van Guinee se lidmaatskap kan ernstige ekonomiese en maatskaplike probleme meebring en vrese bestaan dat die kaping ook die demokratiese bestel van die land kan beëindig.

WAEB sê die besluit op skorsing van Guinee en opskorting van sy lidmaatskap is noodsaaklik as die demokrasie beskerm moet word, en ʼn beroep is op die kapers gedoen om die demokratiese bestel te respekteer en te herstel.

Intussen het die VN en die Afrika Unie ook die kaping veroordeel en gevra dat die militariste die demokratiese bestel moet respekteer.