Wending in Duitse politiek

Gedurende die afgelope weke het die Duitse koerante herhaaldelik melding gemaak van die voorsprong wat die sosialistiese party opgebou het onder leiding van die Minister van Finansies, Olaf Scholz, wat alles in die stryd werp om die nuwe Bondskanselier van Duitsland te word.

Die situasie het egter vinnig begin draai nadat Scholz nou ernstige vrae sal moet antwoord oor sy departement se teenvoeter funksioneer oor die geldwassery wat klaarblyklik ondersoek word.

Die ondersoek oor geldwassery in sy ministerie kom nou kort voor die verkiesing, en waarnemers reken dit kan die minister se voorsprong in ondersteuning wat opgebou is, ernstig knou.

Die minister moet nou glo verduidelik oor sy hantering as Minister van Finansies, van georganiseerde misdaad ondersoeke

 Die minister se hantering word bevraagteken nadat ondersoekers toegeslaan het in sy departement asook in Justisie waar die geldwassery ter sprake is.

 Duitse kiesers sal op 26 September die stembusse besoek om ʼn nuwe kanslier te kies in plek van die uittredende kanselier, Angela Merkel.