Weerstand beweging in Afghanistan veg voort

Die leier van ʼn weerstand beweging in die Afghaanse provinsie  Panjshir, ene Ahmad Massoud, het aan die media gesê hy sal die strydbyl neerlê as die Taliban aan sekere vereistes voldoen.

Ahmad Massoud sê hy sal die stryd opgee as die Taliban ʼn inklusiewe regering saamstel wat ingeboude waarborge het soos gelyke regte vir almal in die land.

Die aankondigings van Massoud kom kort nadat Joe Biden van die VSA daarop geroem het dat die ontruiming van Amerikaanse burgers “met groot sukses” afgehandel is in Afghanistan.

Die strydende magte van Massoud in die een provinsie is nog n faksie wat weier om bes te gee teen die Taliban, maar verskil is werkswyse van die Islamitiese Staat terroriste wat ook besig is met planne teen die Taliban regering wat nou saamgestel word.

Na verwagting sal die Taliban Vrydag, 3 September, sy regeringsvorm aankondig sowel as sy regering, maar hoe hy gaan optree teenoor die inwoners van die land, is nog ʼn raaisel.