Vulkaan laat inwoners met paniek

Minstens 10,000 mense moes uit hulle huise en woongebiede vlug op aandrang van die owerheid, toe die naby gelee vulkaan gevaarlike rook en as wolke die lug ingeblaas het in die La Palma area van die Kanariese Eilande.

Die Kanariese Eilande is onder beheer van diie Spaanse regering wat beveel het dat die mense van die gebied ontruim moet word terwyl die vulkaan ʼn al groter gevaar word.

Die afgelope naweek het die rook en as al hoër die lug in getrek wat ʼn aanduiding is dat die moontlikheid van ʼn uitbarsting toegeneem het.

Die La Palma eiland is die vyfde grootste een van die Kanariese Eilande, en gelee in die Atlantiese Oseaan en aan die westelike kant van Marokko.

Die jongste beeld materiaal toon ook dat rooiwarm lawa ook die lug in geblaas word, wat die vrees laat ontstaan het dat ʼn algehele uitbarsting kan volg.