VSA toets hipersoniese missiel suksesvol

ʼn Missiel wat meer as vyf keer vinniger as klank trek, is deur die Amerikaanse ontwikkelaars suksesvol getoets. Die nuwe generasie van missiele wat konsentreer op hoë snelheid, word so ontwerp dat dit teen ʼn verbysterende spoed deur die lug klief.

Die Amerikaanse missiel stelsel sal waarskynlik nog verder aan ontwikkeling onderwerp word, en die Russiese stelsel is glo reeds in werking om hulle eie wapen stelsel te vestig.

Die Amerikaanse Hipersoniese missiel, bekend as die HAWD missiel, se ontwerp is sodanig dat dit alle vorige ontwerpe in die skadu stel, ingesluit die bestaande missiel afweer stelsels wat te stadig is om die hipersoniese missiel aan te val.

Die Pentagon het bekend gemaak dat die gevorderde hipersoniese missiel stelsel nou sodanig is dat dit beskou kan word as ʼn ontwerp wat voortydig beskikbaar sal wees.

 Enkele maand gelede het Rusland aangekondig dat sy ontwikkelaars suksesvolle toetse uitgevoer het met ʼn nuut ontwikkelde hipersoniese missiel stelsel.

Die missiel is ontwerp om aan ʼn vegvliegtuig gemonteer te word, en na dit afgevuur is, word ʼn vuurpyl “aanjaer” geaktiveer en word die missiel se spoed verhoog na meer as vyf keer die spoed van klank.