VSA Tesourie waarsku Biden regering

Wit Huis

Die Amerikaanse Federale Tesourie sekretaris, Janet Yellen,, het gewaarsku dat die VSA regering van Joe Biden uit geld voorraad gaan raak in die komende maand.

Sy het ʼn beroep gedoen op die Amerikaanse Kongres om maatreëls goed te keur om die skuldlas in te kort. Sy het die waarskuwing skriftelik opgestel en aan die speaker van die Huis van Afgevaardigdes gegee.

Sy het die speaker en lid van die Demokrate, Nancy Pelosi, baie ernstig gewaarsku om die aangeleentheid ter tafel te neem in die eerste sitting van die Huis.

Sy sê ook dat die VSA uit geld sal wees teen die einde van September, begin Oktober, tensy die Kongres reageer op die waarskuwings wat gegee is. Die VSA het volgens haar, reeds die drumpel van lenings bereik.

Sy sluit haar brief van waarskuwings af met die bykomende gevaar wat dreig dat indien die skuldlas se limiet bereik word, “sal dit die VSA in die onvermoë plaas om sy verpligtinge na te kom, vir die eerste keer in Amerika se geskiedenis”.

Kenners wys daarop dat die president se rojale uitdeel van geld, tot die benarde poisisie gelei het wat in skrille kontras is met die ekonomiese krag van die land tydens die Trump bewind.