VSA: Sanksies teen aanhitsers in Ethiopië

Die Biden-regering van Amerika sê hulle maak gereed om sanksies in te stel teen die partye wat verantwoordelik is vir die gevegte in die noorde van Ethiopië te midde van ʼn enorme humanitêre krisis in die gebied.

Die konflik in die Tigray streek van Ethiopië het duisende mense ontwrig en ontwortel uit hulle woonplekke, en president Biden het gevolglik ʼn uitvoerende bevel uitgereik dat sanksies ingestel word teen die instansies wat daarvoor verantwoordelik is.

Na raming is meer as drie duisend mense al gedood in die gebied en miljoene verkeer in nood vir humanitêre hulp.

Biden het gesê hy was geskok by die aanhoor van die massa moorde, verkragtings en ander terreurdade teen burgerlikes van die streek.

Voorheen het Washington gevra dat ʼn onderhandelde skikking nagestreef word om die konflik te stop, en daarom hoop die VSA dat die sanksies sal bydrae tot so ʼn stadium waar die partye in onderhandeling sal gaan.