VSA neem Haiti immigrante terug

Die duisende onwettige immigrante wat onder die brug in die nabyheid van Texas saamgedrom het in ʼn poging om na die VSA oor te beweeg, word nou klaarblyklik per vliegtuig na Haiti teruggeneem.

Die Biden regering het geswig voor die hewige kritiek dat duisende onwettige immigrante aan hulle eie lot oorgelaat is en onder die massiewe brug tussen Texas en Meksiko moet bly.

Minstens drie vragvliegtuie van die VSA het Texas verlaat om die vlugtelinge terug te neem na hulle land.

Die Eerste Minister van Haiti het die sogenaamde vlugtelinge terug verwelkom en gesê dit is goed dat hulle teruggebring word.

Die onwettige immigrante het probeer om die groot brug in te rig vir mense om langer daar te bly, maar die kritiek op die Biden regering was so hewig dat die mense teruggeneem word met reuse vragvliegtuie.