VSA: Meer aanvalle kom op IS terroriste

Die eerste lugaanval op die Islamitiese Staat terroriste was nie ʼn reuse sukses nie, aangesien die hommeltuig slegs een vegter gedood het waat in ʼn voertuig was.

Waarnemers se reaksie daarop was dat die aanval swak vergelyk met die 90 mense wat gedood is in die twee bomontploffings wat die IS vegters voor verantwoordelik is. Van die sterftes is 13 Amerikaanse burgers.

Die Amerikaanse militêre bevelvoerders sê dat ander terroriste aanvalle soos die vorige twee bomontploffings in Kaboel, herhaal kan word.

President Joe Biden het inligting verkry van sy nasionale veiligheids span waarop hy in reaksie gesê het die vorige aanval was nie die laaste wat teen die Islamitiese terroriste uitgevoer is nie.

Die terroriste groep wat hulleself die Islamitiese Staat Khorasan (IS-K) noem, het verantwoordelikheid aanvaar vir die vorige aanvalle.