VSA het Afghanistan finaal verlaat

Die laaste vlug vanaf die Kaboel lughawe in Afghanistan, het Dinsdag, 31 Augustus, sy tog begin met ʼn vrag vlugtelinge en Amerikaanse burgers wat nie langer in Afghanistan wil bly nie.

Daarmee het die VSA se ontruiming uit die oorlog geteisterde land tot ʼn einde  gekom, en die Taliban het daarna sy “verklaarde vryheid” gevier terwyl daar nog baie mense is wat sou verkies het om die land te verlaat.

Die finale vertrek van Amerikaanse burgers en soldate kom na 20 jaar se betrokkenheid in die land waartydens gepoog is om die vrede te herstel tussen die regeringsmagte en die Taliban vegters.

Die laaste vliegtuie het die Kaboel lughawe verlaat slegs enkele minute voor die spertyd aangebreek het, maar baie Amerikaanse burgerlikes is nog in Afghanistan, en talle is gevestig in die hoofstad Kaboel.