VSA: duisende immigrante by Texas

Die Westerse land wat bekendstaan as die een moondheid wat baie goed let op die uitvoering van menseregte, is nou onder verdenking weens sy jongste skandaal.

Die Verenigde State van Amerika laat toe dat meer as 10,000 immigrante wat hoofsaaklik afkomstig is van Haiti, onder die reuse brug van Texas bly.

Die linkse regering van Joe Biden het sy voorganger se immigrasie beleid omgekeer en toegelaat dat derduisende mense die land binnestroom, maar klaarblyklik nie voldoende voorsiening gemaak vir verblyf van die immigrante nie.

Die lang brug by Del Rio naby die grens met Meksiko woon meer as 10,000 immigrante omdat die fasiliteite in die gebied reeds sy volle kapasiteit bereik het.

Die brug wat oor die Rio Grand rivier is, beskik nie oor normale fasiliteite soos was en toilet geriewe nie, en die immigrante is aan hulle eie lot oorgelaat.

Later het die VSA se Grens Patrollie aangekondig dat die duisende mense later na ʼn ander terrein sal moet gaan wat sowat 100 kilometer verder geleë is.