VSA: Die groot instansies se rykdom

Drie aktiviste groepe in Amerika beweer dat die groot maatskappye soos Amazon, Facebook, Google, Microsoft en Twitter miljarde dollar verdien het met kontrakte wat aangegaan is met die regering.

Hulle beweer dat die kontrakte aangegaan is sedert 2004, en dat dit miljarde dollar vir die maatskappye beteken het.    

Die VSA se militêre en intelligensie agentskappe het dramatiese toenames in aanvraag na die veelbesproke “wolk” stelsels en sagteware gehad sedert 2001. Die hoë tegniese maatskappye het enorme winste gerealiseer uit die kontrakte sedert 11 September se Wêreld Handelsentrum aanslag waar byna 3,000 mense omgekom het.

Die groot maatskappye is tans regoor die wêreld onder verdenking, en die “Groot Tegniese Verkope Oorlog” word aangevuur deur die klaarblyklike bewyse van astronomiese winste wat gerealiseer is uit die kontrakte.