VSA beraadslaag oor Korea aggressie

Diplomate van die VSA, Japan en Suid-Korea het in die Japanese hoofstad Tokio vergader nadat berigte ontvang is dat Noord-Korea aangekondig het dat hy sukses gehad het met die lansering en toets van langafstand kruiser missiele.

Die drie lande se senior diplomate het vergader en die Noord-Korea missiel toetse, sowel as hulle kernkrag program in diepte te bespreek.

Waarnemers wys daarop dat Noord-Korea en Sjina steeds bondgenote is wat in tye van oorlog, mekaar ondersteun.

Die diplomate het bevestig dat die bande versterk moet word, en dat noue samewerking noodsaaklik geword het tussen die drie lande.

Die VSA se senior diplomaat het ter inleiding gesê dit is belangrik dat die drie lande hulle kommunikasie met mekaar op die hoogste vlak moet hou en sê die gebeure in Noord-Korea en Sjina dien as insidente wat elkeen herinner aan die noodsaaklikheid van deurlopende samewerking.

Waarnemers het later daarop gewys dat dit al duideliker word dat die spanning tussen Westerse lande en die kommunistiese blok nou die voorloper is tot ʼn Tweede Koue Oorlog wat uiters gevaarlik kan wees vir vrede.