Vorige gesondheid minister dalk vervolg

Alles dui daarop dat die voormalige Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, vervolg gaan word weens sy beweerde aandeel in die korrupsie skandaal van R150 miljoen.

Die moontlike vervolging spruit uit die Spesiale Ondersoek Eenheid se vermoede dat die voormalige ANC minister wel moontlik betrokke is by die korrupsie skandaal.

Die korrupsie waarby die Digital Vibes instansie ook betrek word, kan uiteindelik tot veel meer mense se vervolging lei.

Waarnemers en deskundiges sê die ondersoek sal ook gedoen word onder senior personeel en beamptes van die Departement van Gesondheid, en skuldig bevinding van sulke senior mense kan die inenting veldtog ernstig skaad.

Andy Mothibi het die staande komitee in die parlement ingelig oor vordering in die korrupsie skandaal en gesê baie inligting wat verkry is moet opgevolg word. Later sal ʼn volledige verslag aan Cyril Ramaphosa oorhandig word.

Hy sê daar kom steeds nuwe inligting wat opgevolg word oor die persoonlike beskerming toerusting vir die koronavirus wat op verdagte wyse aan Digital Vibes per kontrak beskikbaar gestel is.