VN: Wêreldleiers moet wakker word

Tydens die eerste dag van sittings in die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering, het Klimaatverandering die hooftema gebly, maar die 76ste sessie het ook verteenwoordigers laat praat oor die gevare wat die koronavirus nog steeds inhou vir almal.

Van die belangrikste gebeure op die eerste dag, was die eensgesindheid van Amerika en Sjina oor wêreldvrede,  maar skerp verdeeldheid is waargeneem tussen die verskillende lande oor klimaatverandering.

Suid-Korea het ʼn beroep gedoen op die Biden-regering om weer in gesprek te tree met die kommunistiese regime in Noord-Korea.

Die merkwaardige gebeurtenis was dat die Taliban van Afghanistan die Algemene Vergadering versoek het om ook ʼn spreekbeurt te kry, wat voorlopig nie toegestaan is nie.

Enkele opmerking oor die jongste ontwikkeling met ruimtevaart het nie veel aandag gekry nie, maar dat Navo se Europese lande hulle steun aan Frankryk gee in die duikboot-transaksie, het wye bespreking en debatte tot gevolg gehad.

Die onttrekking van troepe uit Afghanistan is deur verskeie lande veroordeel, en die opmerking is gemaak dat die VSA uiters onprofessioneel opgetree het met sy onttrekking van soldate.

 Een spreker het opsommenderwys gesê die vergadering het talle onderwerpe aangehoor, maar die wêreldleiers moet wakker word en kyk na die werklike bedreigings wat afstuur om die mens te vernietig.