VN vra herbesinning oor landbou subsidie

Die Verenigde Nasies (VN) het in sy jongste verslag gevra dat die wereld die toeken van landbou subsidies wat regerings toesê aan produsente, deeglik moet heroorweeg.

Die VN sê meer as 80% van die regering se fondse versteur die prys struktuur nadelig deur die omgewing wat beskadig word.

Die VN vra vir diepgaande hervorming van landbou subsidie stelsels wat beskou word as ʼn spandering in die openbare sektor, en dus verwag word dat dit in die toekoms al groter gaan word.

Indien die Westerse lande besluit om landbou subsidie te stop, gaan dit ernstige gevolge inhou vir die verbruikers.

Kenners wys daarop dat dit die prys van voedsel drasties gaan verhoog wat in Europese en Amerikaanse gebiede geproduseer word waar die huidige subsidie besonder hoog is.

Die afskaffing van subsidie kan egter tot groot voordeel van die Suid-Afrikaanse landbouers wees wat die afgelope 25 jaar sonder subsidie moes boer.