VN bekommerd oor N-Korea kernkrag aanleg

Die Verenigde Nasies het sy kommer uitgespreek oor die Yongbyon kernreaktor wat weer in werking gestel is nadat dit dominant is sedert 2018.

Die reaktor is tot hede beskou as die sentrale toestel tot Noord-Korea se kernwapen program, en terwyl dit dormant was, het dit die indruk gelaat dat die program gestaak is.

Ingeligte bronne beweer egter dat Noord-Korea die reaktor weer in werking het, en die Verenigde Nasies se Atoom Energie Agenskap het sy kommer uitgespreek oor die moontlikheid dat die kernwapen program hervat word.

Pyongyang het reeds gedreig dat hy sy kernwapen ardenaal gaan vergroot en daarmee die spanning verhoog in die geledere van die Verenigde Nasies se lidlande.

Die Internasionale Atoom Energie Agentskap het nie toegang gehad tot ander kernkrag aanlegte in Noord-Korea na sy ondersoeke in 2009 nie.

In sy verslag sê die Agentskap dat daar geen aktiwiteite by Noord-Korea se  aanlegte was vanaf Desember 2018 tot en met Julie 2021 nie, maar die vermoede bestaan dat dit nou verander is. Daar is gevind dat die aanleg weer in werking gestel word, wat ʼn bedreiging vir wêreldvrede kan wees.