Virus: Poetin in self-isolasie

Assad en Vladimir

Die Russiese president, Vladimir Poetin, is in self-isolasie nadat verskeie gevalle van koronavirus infeksie in sy binnekring gevind is.

Dit het tot gevolg dat die president die beplande streeksbyeenkoms in Tajikistan sa; misloop waarvoor hy geskeduleer is om later die week by te woon.

 Die self-isolasie was nodig nadat hy met die Siriese president, Bashar al-Assad Maandag samesprekings gevoer het. ʼn Woordvoerder van die Kremlin sê dat die president “in uitstekende gesondheid” verkeer en slegs as voorsorgmaatreël in self-isolasie is.

Volgens die woordvoerder het President Poetin negatief getoets, maar is voorsorg getref en sal hy binnekort weer sy normale roetine soos geskeduleer, kan nakom.

Die beheer is uiters streng in die Kremlin, en daarom is die president ook in self-isolasie om te voorkom dat enige ander persoon dalk benadeel kan word, is gesê.