Virus: Digitale sertifikaat kom

Die regering is besig met die opstel en versend van digitale sertifikate aan persone wat ten volle ingeënt is.

Die sertifikaat word per SMS aan mense gestuur, en is van waarde wanneer reise onderneem word na die buiteland waar vereis word dat bewys van inenting nodig is.

Ingeligte bronne het daarop gewys dat dit ook as geelwortel gebruik gaan word vir toelating by sekere byeenkomste om die miljoene mense wat skepties is vir immunisering, te probeer oorreed.

Die Minister van Gesondheid, Joe Phaahla, het die inligting vrygestel tydens ʼn inligtingsessie vir die media wat die afgelope naweek gehou is.

Hy beweer die sertifikaat is so ontwerp dat dit beskerm is teen bedrog en vervalsing, of enige ander onwettige gebruik daarvan.

Volgens dr. Phaahla voldoen die sertifikaat aan die vereistes soos deur die Wêreld Gesondheid Organisasie voorgeskryf is. Hy het die versekering gegee dat sertifikate binne enkele weke aan geïmmuniseerde mense gestuur sal word.