Verkiesings hervormings ter wille van billikheid

Die storm rondom die plaaslike verkiesings sal sekerlik nie gou gaan lê nie.

En terwyl meeste regdenkende mense besef SA se verkiesings is bloot ʼn sensus van party-steun, is dit tog sinvol om oorweging te gee aan watter tipe kiesstelsel kan billikheid in die politiek begin herstel.

Sekerlik die belangrikste wentel om die groeiende afwesigheids-stem – meer as 58% volgens die 2016-stempersentasie!

Ontledings toon ʼn tendens van toenemende wantroue in politici en politieke partye.

Die oplossing is om ruimte te skep vir onafhanklike kandidate.

Hierdie behoort hand-aan-hand te gaan met ʼn stelsel van volksrade, om die bestaande Raad van Provinsies te vervang.

Daardie struktuur van insae kan baie beter waarde bied indien dit elke bevolkingsgroep in SA se spesifieke belange en aspirasies verteenwoordig.

Hierdie moet dan, ideaal, ook die wetgewende gesag verkry oor die lands-begroting, met GELYKE toedeling van hulpbronne.

Ander hervormings behoort te fokus op die betroubaarheid van die verkose persone en die afdwing van aanspreeklikheid. 

Dit is duidelik dat gekodifiseerde gedragskodes noodsaaklik is, want politici het sedert die reisskandaal van die jare 90 hulleself oor, en oor, en oor bewys as patalogies oneerlik, inherent oneerbaar – élke politikus, élke party is aandadig aan korrupsie.

  1. Verkiesings behoort nie uit die belastingkas gefinansier te word nie.

Die partye behoort self in te staan vir alle onkoste, of kan deur hul ondersteuners befonds word.

Wie die beloftes wil glo, moet maar die geld daarvoor voorsien, nie waar nie?

  1. Kandidate en partye moet verplig word om hul ervarings-rekord openbaar te maak: feitelik, sonder verskonings

Voorts moet kandidate en partye verplig word om lewering van verkiesings beloftes te WAARBORG – sonder voorbehoud.

  1. Kandidate en partye lewer openbare diens.

Die geldelike behoort dus te fokus op kanale hiervoor, nie persoonlike vergoeding nie.

In ʼn land met ʼn gemiddelde R 15 000 maandelikse inkomste, is R 100 000 plus vir élke politikus, ongeag vermoë of resultate, regverdig?

Daarom: geen vergoeding tensy verkiesings ondernemings nie 100% gelewer word nie.

  1. Verkose ampsdraers móét openbare dienslewering op standaard bring:

Dit beteken dat veiligheid, gesondheid, onderwys ensomeer MAG SLÉGS uit die openbare sektor aan ampsdraers voorsien word.

Politici kan nie toegelaat word om private mediese of onderwys te geniet, terwyl die land se dienslewering ten gronde gaan nie.

  1. Kandidate en partye moet álle persoonlike finansiële belange openbaar.

Dit moet insluit belange gehou deur uitgebreide familie, gehou in trusts, besighede ensomeer.

Korrupsie kan slegs gestop word met 100% deursigtigheid.

Wie weier, moet vervolg word.

Na 2016 was daar in talle dorpe, stede en metro’s geleentheid vir die opposisie om hulle staal te wys – die resultate is dat vir nóg 5 jaar het korrupsie onverpoosd voortgegaan, dienslewering verder versleg en skuldlaste drasties bly verhoog.

Die dae van beloftes behoort dus agter ons …

WAT IS DIE TUSSENTYDSE OPLOSSING VIR ONS VOLK?

Ons moet op voetspoor van die eerste dekades na 1902 terugkeer tot ons plaaslike gemeenskappe en met mekaar hande vat.

            Ondersteun mekaar se besighede en ambagte.

            Stig eie skole, en leer ons kinders in die vrese van die Here.

            Keer terug na EIE arbeid eerste, ook self-werksaamheid en billike vergoeding.

Want ʼn volk red homself!

Politiek behoort slegs ʼn klein deel van die volksgeheel uit te maak.

Politiek staan in diens van die volk, nooit andersom nie: ons moet hierdie vergryp regstel!

Ons moet die Engelsman se kunsmatige party-verdelings die rug keer en ons beywer vir DIREK VERKOSE verteenwoordigers, ʼn direk aanspreeklike Volksraad-stelsel waarbinne ons ons eie sake en belastings bestuur – die eerste treë na ʼn de facto konfederale bedeling.