Verkiesing registrasie: Min belangstelling

Die poging van die Onafhanklike Verkiesingskommissie om die registrasie van kiesers te heropen, het die afgelope naweek maar min aftrek gekry in die meeste streke.

Talle registrasie lokale kon ook nie die mense bedien nie en moes die deur gesluit word weens die talle optogte wat gehou is om teen die registrasie te betoog.

Volgens die owerheid het sowat 650,000 mense geregistreer gedurende die naweek en daarvan was die grootste aantal Saterdag gewees, terwyl politici gehoop het dat tot 2 miljoen mense sou registreer.

Opnames wat gemaak is dui daarop dat baie wat wel geregistreer het, nie sal gaan stem as die gehalte van dienslewering nie onverwyld verbeter nie.

En dit gaan nie gebeur nie…..