Venezuela president tevrede met onderhandelings

Die diktator, President Nicolas Maduro van Venezuela, het na afloop met die lang uitgerekte vergadering met opposisie partye se afvaardiging in Meksiko, gesê die byeenkoms was ʼn sukses.

Venezuela se regering en ʼn afvaardiging van die opposisie het ooreengekom op enkele hoofpunte gedurende die gesprekke wat gevoer is in Meksiko stad.

Na aanleiding daarvan het die president die besprekings en onderhandelings as suksesvol bestempel, maar die opposisieparty het geen aanduiding gegee dat hulle wel tevrede is met die gebeure nie.

Die afgevaardigdes van die regering en die opposisieparty het reeds in Augustus begin om aan die verwagtinge van die bevolking te voldoen en om baie knelpunte uit te stryk.

Die leier van die opposisie word deur die Westerse lande as die tussentydse president erken, en president Maduro word nie erken nie, en word as ʼn diktator bestempel.

Waarnemers wys daarop dat allhoewel die president die weke lange vergadering as ʼn sukses beskou, het afgevaardigdes van die opposisie geen kommentaar gelewer nie, en die leier het geen opmerking gemaak oor die verrigtinge tydens ʼn media onderhoud nie.

Noorweë het die vergadering gelei, en ander lande teenwoordig was Rusland, Turkye, Nederland en Bolivia.