Venezuela politici bereik ooreenkoms

Die diktator, president Maduro van Venezuela het gevra dat die sanksies opgehef word, en die amptelike opposisie eis vrye en regverdige verkiesings.

Ie amptelike opposisie se leier word deur Westerse lande erken as die tussentydse regeerder van die land, en erken nie president Maduro as staatshoof nie weens sy verkiesings bedrog om aan bewind te bly.

Die twee partye se afgevaardigdes is in Meksiko Stad, en Westerse lande vestig hulle hoop op die samesprekings dat dit sal lei tot ʼn ooreenkoms om die voortslepende politieke krisis te beëindig.

Venezuela se President Nicolas Maduro het weereens ʼn beroep gedoen op Westerse lande om die internasionale sanksies teen sy land op te hef, maar politieke ontleders sê dit sal eers gebeur as vrye en regverdige verkiesings wat deur internasionale organisasies gemonitor is, gehou word.

Die samesprekings was deur die leiers in Skandinawië beplan en gereël is, terwyl Meksiko optree as gasheer, is nie die eerste poging om die politieke krisis van Venezuela op te los nie, en waarnemers het gemaan dat dit nie maklik bereik gaan word as die regering nie bereid is om weer ʼn verkiesing uit te skryf wat internasionaal gemoniteer word nie.