Uraan verryking: Iran sal VN toelaat

Die hoof van die Verenigde Nasies se afdeling oor Kernwapens was in Tehran vir samesprekings waartydens ooreengekom is dat inspekteurs wel die monitering van die sensitiewe kernkrag aanleg mag doen, maar toegang tot die databank bly nie toeganklik vir die inspekteurs.

Iran sê daar is ooreengekom om die VN inspekteurs toe te laat om geheue karate in die waarnemings kameras te monteer wat die monitering doen.

Die toelating kan moontlik lei tot ʼn beter verhouding met Westerse lande, en die ooreenkoms word beskou as ʼn deurbraak wat deur die Internasionale Atoom Energie Agentskap bereik is.

Mohammad Eslami, Iran se hoof in sy Atoom Energie Organisasie het later gesê die ooreenkoms is slegs vir  ʼn blote roetine inspeksie.

Dit is bekend dat Iran veel meer verrykte uraan produseer as wat toelaatbaar is, en sal waarskynlik tydens die inspeksie bevestig kan word.