Tweeling Panda beertjies gebore

Pienk, sonder hare, en maar taamlik broos, is die twee Panda beertjies die wêreld ingebring toe die ma in ʼn dieretuin van Madrid geboorte geskenk het.

Die twee se geboorte word as ʼn besondere gebeurtenis beskou aangesien die Groot Panda beertjies nie maklik dragtig word in omgewings wat vir hulle onnatuurlik is nie.

Die Groot Panda beertjies is ʼn bedreigde spesie, en oral in die wereld word moeite gedoen om die diere te beskerm en die aanwas te probeer bevorder.

Die geboorte van die twee beertjies is wyd verwelkom en die owerheid in die dieretuin het alle moontlike maatreëls in plek gehou om die ma gemaklik en spannings vry te hou.

 Die Madrid dieretuin het die pa en ma panda beertjies op ʼn leen basis bekom van Sjina, en sal glo sodra die kleintjies sterk genoeg is om verskuif te word, terugkeer na Sjina.

Die geboorte was glo nie maklik nie, en die ma was vir meer as vier uur lank in kraam, maar uiteindelik het alles goed verloop, het ʼn woordvoerder later gesê.

Die beertjies is na Spanje gestuur waar uitstekende fasiliteite is om die twee kleingoed te versorg, en veral omdat hulle gehelp moet word wanneer dit by voiding kom.